Home Back My Cart : 0 item(s)

 

Kadoefie die Lokomotiefie vol2 (1976)

Kadoefie die Lokomotiefie vol2 (1976)
Price: R125.00
Product ID : Kadoefie die Lokomotiefie vol2

Purchase

Description

Liefde vir kinders en vir ons mooi land het Tannie Selma le Roux geinspireer om hierdie mooi plaat spesiaal vir die kinders in Suid-Afrika te skryf. Die storie sal kinders prikkel om ons land met st ryke verskeidenheid te leer ken en waardeer.

Kadoefie in Die Wildtuin speel af in ons mees bekende wildtuin en die gedrag van die diere, asook die dieregeluide is getrou aan die werklikhied, byvoorbeeld die Swartrenoster, Lawaaimakervoel, hiena, seekoei, kameelperd ensovoorts.

Kadoefie Raak Weg daarenteen, speel af op die Kaapse Hawe en Mosselbaai met die branders se geklots en die seemeeu se geroep in die agtergrond.
'n Morele boodskap is in beide stories behendig ingevleg sonder om afbreuk te doen aan die lekker luister. Kinders, julle gaan so lief word vir Kadoefie, die vriendelike lokomotiefie. Kom ons luister 'n bietjie af wat hulle alles gesels:
Verteller: "Sy naam is Kadoefie want as hy die trein trek, gaan die Kadoeff, Kadoef - Kadaf."
Kadoefie - die Lokomotiefie: "Sooo - ou Swartrenoster - jy dink die spoorlyn is vir jou gemaak. Ag, gee tog pad asseblief..."
Ben - die masjinis: "Nerens is die naggeluide so mooi soos in die Wildtuin nie."
Sansha - die passasierswa: "Jy weet Kadoefie, hier in die Kaap waai mos 'n sterk wind..."
Visloko - skelm vislokomotief: "Aaa, my slim plan het gewerk...
Gepaste liedjies is spesiaal gekomponeer vir hierdie kinderplaat en die belowende kinders tree vir hulle maats op.

Kant 1 - In die Winldtuin:
1. Ou Swartrenoster - Ben
2. Die Wildtuin - Kadoefie
3. Nag Sansha - Kadoefie
4. Slaap Kadoefie - Ben
5. Dankie - Kadoefie

Kant 2 - Raak weg:
1. 'n Wa So Lieflik - Visloko
2. Ek Het 'n Nuwe Vriend Gekry - Kadoefie
3. Tafelbaai - Kadoefie
4. Kaapstad Stasie - Ben
5. Die See Is So Groot - Kadoefie
6. Seemeeu - Kadoefie

More images

Kadoefie die Lokomotiefie vol2 (1976)

Products You May Like

Call us: -

Full Website