Home Back My Cart : 0 item(s)

 

Groep Twee ‎– Die Ou Kraalliedjie (1973)

Groep Twee ‎– Die Ou Kraalliedjie (1973)
Price: R125.00
Product ID : Groep Twee ‎– Die Ou Kraalliedjie (1973)

Purchase

Description

Groep Twee was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat bestaan het uit twee lede: Gert van Tonder en Sias Reinecke. Hulle was bekend vir liedjies soos Die Oukraalliedjie, Daar's Niks Soos Ware Liefde, Die kat kom weer en Die padda wou gaan opsit.

In Suid-Afrika was daar seker nie 'n sanggroep wat Groep Twee se skoene kon volstaan nie. Dan het hulle boonop, in Januarie 1968, vier liedjies, onder andere Mangwane Mpulele en Little Go Go Girl, in Ateljee 2 van die EMI-ateljees in Abbey Road, Londen, opgeneem, dieselfde ateljees waar The Beatles hulle wêreldtreffers opgeneem het. Maar moenie dink hulle klem was Engelse liedjies nie.

Reinecke wat is op die ouderdom van 42 jaar aan 'n hartaanval oorlede terwyl hy op toer was en pas ná 'n optrede op Amersfoort. Hy is op 12 Oktober vanuit die Gereformeerde kerk Randfontein, waarvan hy lidmaat was, begrawe. Ds. L.J.J. Coetzee het die diens gelei. Hy het nog die Saterdagaand voor sy dood tydens 'n gemeentegeleentheid van GK Randfontein opgetree en die vorige Saterdag op die Afrikaanse musiekfees in Roodepoort. Reinecke het vyf kinders gehad, van wie die jongste, Dirkie, vyf jaar oud was ten tyde van sy pa se dood.

Tracklist:
Side 1 :
1. Ou Kraalliedjie
2. Awendwindjie
3. Marinda
4. Brug Van Liefde
5. Ek Dink Aan Marie
6. Net 'N Droom
Side 2 :
1. Vaarwel My Eie Soetelief
2. Nooi Van My Hart
3. My Teer Beminde
4. Jy Is Die Nooi Vir My
5. Liewe Maan
6.Jou Liefde Is Alles Vir My

More images

Groep Twee ‎– Die Ou Kraalliedjie (1973) viny plaat te koop

Products You May Like

Call us: -

Full Website